Dinsdag 27 Augustus 2013

Persoonlike Skryfstuk - Wat 'Sagte Vlinder' vir my beteken

'n Skoenlapper (vlinder)  se skoonheid is baie moeilik om in woorde te beskryf en die gemaklikheid as hulle deur die lug fladder is asemrowend.

Vandat ek klein was het ek vlinders bewonder. Ek het selfs gedink dat ek een dag 'n tatoeërmerk van 'n skoenlapper sal kry. Toe besef ek dat dit baie afgesaagde uitdrukking is en dat ek 'n ernstige fobie vir naalde het.

Die hoofsaaklike rede waarom ek die 'blog' titel gekies het is omdat ek 'n persoonlike verband voel met vlinders en die figuurlike betekenis wat hulle het. Ek voel op 'n manier dat 'n skoenlapper my verteenwoordig. Twee van die vernaamste redes hoekom ek so dink is broosheid en sensitiwiteit. Ek weet dat ek al twee is. Ek is baie in harmonie met my emosies en ek is beheer van dit. Ek raak gou geraak deur ander mense en is baie empateties.

'n Ander rede waarom ek vlinders gekies het was omdat hulle verandering verteenwoordig. Elke dag is verskillend. Die ruspe weet nie wat môre bring nie, maar hy is standvastig in sy lewe en verandering is vir die wen. Die transformasie is pragtig.

Ek wil daar in glo, dat enige dag kan die dag wees wanneer ons 'n lot bereik.