Woensdag 25 September 2013

Opvoedkundige Skryfstuk

Stappe om 'n papier ('origami') skoenlapper te maak:

Die ding jy nodig het is 'n vierkantige papier en hande gereed om te vou. Die papier kan enige kleur wees.
  • Stap een:Vou die papier in die helfte van die regte boonste hoek na die onderste linker hoek en ontvou weer.
  • Stap twee: Vou in helfte weer, maar nou van die linker boonste hoek na die onderste regte hoek en ontvou.
  • Stap drie: Met jou vingers, druk die middel af tot dit in 'pop' en bring die linker en die regte kante saam om 'n driehoek te maak.
  • Stap vier: Vou die linker en die regte hoek van die boonste laag na die boonste hoek van die driehoek.
  • Stap vyf: Draai die papier oor en vou die onderste pad van die driehoek op. Daar moet 'n stuk  wees wat nie gevou is nie.
  • Stap ses: draai die papier weer oor, trek die linker 'flap' van die driehoek. Vou en druk die plek plat. Doen die selfde vir die regte kant.
  • Stap sewe: Draai die papier om en vou die boonste driehoek af. Vou helfte van die driehoek weer op.
  • Stap agt: Vou die linker kant binne die regte kant, en vou die vlerke skuins.
  • Stap nege: Draai die papier om en maak die vlerke oop.
  • Stap ten:  Geniet jou pragtige vlinder.

Donderdag 19 September 2013

Verhalende Skryfstuk

Een van die eerste geheue wat ek onthou was jare gelede. Ek was omtrent ses jaar oud. Dit was 'n warm somer middag en die familie was buite omdat dit te warm was om binne te wees. Ek onthou die reuk van vars gesnyde gras en hoe geïrriteerde my neus was. Ek wil nie my sinus die bevrediging gee nie. Om in die tuin met my Ma te speel was te veel pret.

Die bye gons naby die blomme. Dit is daardie tyd van die jaar waneer alles wakker word. Die tuin is baie kleurvol en die pragtigheid is oorweldig.

My Ma kniel by haar blomme en trek die onkruid uit. Sy het baie trots in haar tuin. Terwyl sy werk, sit haar dogertjie gereed met water en sand. Ek gaan sand koeke maak. Ek kry modder oor elke stuk van my klere.

Die hitte van die middag begin om weg te gaan. Net voor ons
besluit om binne te gaan, sit 'n oranje skoenlapper op 'n wit bom. My Ma roep my om die mooi
insek te sien. 

My Ma, die grappige mens wat sy is, besluit om die vlinder by die vlerke op te tel. Sy wil vir my die vlinders se lighaam wys, maar ek was te bang. Ek het weg gehardloop.

Dit was die oomblik toe ek besef dat vlinders mooi van ver  is. Hoewel, 'n vlinder se skoenheid is baie asemrowend en die figuurlike betekenis wat hulle hoe is nog steeds na aan my hart.

Woensdag 04 September 2013

Beskrywende skryfstuk

Die verlede is verby en ek moet aan beweeg.

Ek staan in my kamer en kyk na myself in die die spieël. Vandag sal 'n goeie dag wees, waar ek al my slegte gewoontes weg pak en 'n nuwe blaadjie omslaan. "Ek kan dit doen", sê ek vir myself. Ek staan vir 'n paar sekondes, toe besluit ek om grimering op te sit. Ek was so bleek soos 'n laken. Al die slegte herinneringe van die vorige jaar laat my dink dat nie moontlik is dat ek dit kan doen nie.

Ek kan nie moed opgee nie, te veel mense is afhanklik van my.

Toe ek uit die deur stap sien ek iets klein en bruin op my muur. Ek besluit om te ondersoek. Ek stap nader en besef dat dit 'n vlinder kokon is. Skielik voel ek 'n juig van vreugde. Ek voel as of dit my lot was om die kokon te vind.

Die verteenwoordiging van verandering en my gunsteling insekte. My hart het warm geword en ek het gevoel as of 'n hoër mag my na die plek toe gebring. Dit voel ook soos 'n teken dat ek sterk moet wees en voort gaan met my reis.

Nou sit ek hier, agt maande later. Die vlinder het weg gevlieg om haar lot te soek en nou sê ek dankie. Daai skoenlapper het my die moed gegee om sterk te wees en my drome te volg.