Ek staan in my kamer en kyk na myself in die die spieël. Vandag sal 'n goeie dag wees, waar ek al my slegte gewoontes weg pak en 'n nuwe blaadjie omslaan. "Ek kan dit doen", sê ek vir myself. Ek staan vir 'n paar sekondes, toe besluit ek om grimering op te sit. Ek was so bleek soos 'n laken. Al die slegte herinneringe van die vorige jaar laat my dink dat nie moontlik is dat ek dit kan doen nie.
Ek kan nie moed opgee nie, te veel mense is afhanklik van my.
Toe ek uit die deur stap sien ek iets klein en bruin op my muur. Ek besluit om te ondersoek. Ek stap nader en besef dat dit 'n vlinder kokon is. Skielik voel ek 'n juig van vreugde. Ek voel as of dit my lot was om die kokon te vind.
Die verteenwoordiging van verandering en my gunsteling insekte. My hart het warm geword en ek het gevoel as of 'n hoër mag my na die plek toe gebring. Dit voel ook soos 'n teken dat ek sterk moet wees en voort gaan met my reis.
Nou sit ek hier, agt maande later. Die vlinder het weg gevlieg om haar lot te soek en nou sê ek dankie. Daai skoenlapper het my die moed gegee om sterk te wees en my drome te volg.
Die is 'n baie insprerende storie. Dit gee 'n mens hoop en krag om nie op te gee nie.
AntwoordVee uitEnkele opmerkings:
AntwoordVee uit1. wegpak - een woord
2. grimering - grimmering
3. uit die deur stap - by die deur uitstap
4. voel ek 'n juig van vreugde - voel ek hoe die vreugde in my opwel
5. asof - een woord
6. voortgaan - een woord
7. weggevlieg - een woord
Ek stem saam met Lameez. DIt maak my voel as of ek my drome kan ook volg as ek nie opgee nie.
AntwoordVee uitDankie Janice, jy het vir my ook nou weer die moed gegee om aan te hou.
AntwoordVee uitBaie mooi janice. ek stem saam met Lameez, so inspirerend.
AntwoordVee uit